Entries by Theo Vorster

Jan van Heteren

Restourant- en hotel-entrepreneur Vanaand is Theo se gas Jan van Heteren. Jan het grootgeword in die restourantbedryf. Sy pa, ’n immigrant uit Nederland, het een van Pretoria se spogrestourante besit. Daar het hy gesorg dat sy seuns van skooldae af daagliks in die restourant werk. Hy praat in die program oor sy beroepsopsies om te […]

Piet Mouton

Uitvoerende hoof, PSG Groep Vanaand is Theo se gas Piet Mouton, uitvoerende hoof van die PSG Groep. Piet vertel oor die daaglikse sakegesprekke in sy ouerhuis en die uitdagings om as ’n 34-jarige by sy pa Jannie as uitvoerende hoof oor te neem. Toe Piet in Junie 2010 as uitvoerende hoof aangestel is, was PSG se markwaarde R5,5 […]

Sven Thieme

Uitvoerende voorsitter Ohlthaver & List Theo se gas vanaand is Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van die Namibiese groep Ohlthaver & List. Hierdie familiebesigheid is in 1919 gestig en word vandag deur Sven, ’n kleinseun van die oorspronklike stigter bestuur. Die onderneming het ’n jaarlikse omset van sowat R5 miljard en bied werk aan meer as 5 000 mense. Die groep […]

Japie Gouws

Ooreenkomste tussen sake en kultuur Die ATKV het in 1930 ontstaan as ’n debatvereniging. Dié stigtersgroep het uit spoorwegwerkers bestaan wat ten doel gehad het om die Afrikaanse taal en kultuur te bevorder. Wat hierdie groep van ander soortgelyke organisasies onderskei, is die aankoop van ’n plaas naby Hartenbos in 1936. Hierdie plaas is ontwikkel in ’n vakansie-oord.As deel van […]

Hendrik Marais

Van pynappels tot skroewe en boute Hendrik Marais is wat ’n mens ’n reeks-entrepreneur sou kon noem.Hy het al verskeie ondernemings begin, ander gekoop en uitgebrei – en ook gesien hoe hulle swig onder druk.As skoolkind het hy pynappels verkoop en vandag bedryf hy Eureka, ’n eenstopwinkel vir alle “vasmaakmiddelsâ€�, van skroewe tot gom. Eureka […]

Jack van der Merwe

  Die Gautreinprojek is formeel in 2000 aangekondig met Jack van der Merwe wat van dag een aan die stuur van sake was. Eers was hy deel van sy departement se span en in 2004 word hy die uitvoerende hoof van die Gautrein-bestuursagentskap. In die beplanningsfase het Jack 38 lande besoek om na verskeie soortgelyke […]

Brian Dames

As jy die uitvoerende hoof van Eskom is, kan jy nie juis probleme onder die tapyt invee nie. As die krag afgaan, weet álmal dit – onmiddellik. En wie kry die skuld? Die baas. Brian Dames is aan die vooraand van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 aangestel as uitvoerende hoof. Hy het 23 jaar ervaring by […]

Jeanne Groenewald

Klein begin is groot gewin Jeanne Groenewald se Elgin Free Range Chickens is gebore uit haar geloof dat haar gesin gesonder kos verdien — kos sonder hormone en antibiotika. Groenewald het ’n BSc-graad in landbou van die Universiteit Stellenbosch agter haar naam gehad en het ook, voordat sy getroud is, haar pa met dié se […]

Dr Simon Marais

Voorsitter van Allan Gray Hoe beland ’n persoon met ’n doktorsgraad in fisika van die Universiteit van Cambridge in die beleggingswêreld? Dr. Simon Marais, voorsitter van Allan Gray, meen “fisika is ’n goeie opleidingsagtergrond vir omtrent enigiets – dit is baie wiskundig maar meer praktiesâ€�. “In die vroeë 1990’s het die banke en finansiële instellings […]

Dries Visser

Skaarswildboer Ek wou met ’n leiersfiguur in die skaarswildbedryf gesels, iemand wat daar was voor dit populêr geword het om met wild te boer. Iemand wat ’n rol in die groei van die bedryf gespeel het en wat vandag steeds ’n leidende rol in die bedryf het. Dries Visser is só ’n leier. Dries Visser […]