Kevin Wood

Kevin wood

Een glas bier het sy lewe verander

Kevin Wood het ná 20 jaar in ’n suksesvolle werk besluit om ’n veld waarvan hy baie min weet, te betree – en dit het alles met ’n glas bier begin.

Wood en sy vrou, Philippa, het in Oktober 2007 besluit om ’n lang reis deur Afrika aan te pak. Pas uit die Kaap uit, op dag drie in Nieu-Bethesda, het Kevin vir die eerste keer kennis gemaak met boetiekbier met die woorde “ek drink nie tuisgemaakte bier nie�.

Op voorwaarde dat hy nie vir die bier hoef te betaal as hy nie daarvan hou nie, drink hy toe tog die bier. Só het Darling Brew begin.

In die eerste maand van produksie brou Darling Brew sowat 1 000 liter bier – vandag brou hy meer as 80 000 liter bier elke maand. Eers wanneer jy dit deel deur dae, besef jy dat daar daagliks 4 500 Darling Brew-biere gedrink word.

Op ’n vraag oor hierdie sukses haal Kevin vir Mick Jagger van die Rolling Stones aan, wat gesê het “daar is baie talentvolle musikante, maar geluk speel ’n groot rol�.

Hy skryf ’n deel van sy sukses toe aan die ou storie dat ’n mens op die regte tyd op die regte plek moet wees. ’n Mens kry egter die idee dat harde werk en lang ure ’n beduidende rol hierin gespeel het.

“In jou eie onderneming is jy 24 uur per dag, elke dag van die jaar betrokke.�

Passie

“Passie,� is die woord wat Kevin en sy bier opsom. Dit is passie vir sy bier, passie vir sy kliënte en passie vir die mense wat hierdie biermaakdroom help bou het. Hy borrel van opgewondenheid as hy uitgevra word oor wat ’n goeie bier maak – “passie en innovasie� is die verkorte weergawe van sy antwoord.

“ ’n Mens moet passie hê, dit moet alles wees.�

As dit kom by sukses en sy raad vir sukses, is daar ’n paar punte wat uitstaan. Kevin meen dat jy jou drome moet volg.

“As jy ’n droom het, is jy dit aan jouself verskuldig om die droom te verwesenlik.� Hy voeg hierby “reg is nie wat ek dink nie, reg is wat die verbruiker wil hê,� en daarmee kom sy waardering en lojaliteit teenoor sy kliënte na vore.

Darling Brew bou tans ’n nuwe brouery net buite Darling in die Wes-Kaap. Volgens hom is dit die grootste belegging wat hy nog in sy lewe gemaak het. Op die vraag of hierdie risiko hom gaan loon, kom die passie van hierdie entrepreneur weer na vore: “Natuurlik gaan dit werk, dit moet net!�Dié brouery behoort teen Desember reg te staan vir toeriste en Kevin gaan eenvoudig sorg dat dit werk.

 

 

 

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *