Theo Vorster

Theo het in 2010 vir kykNET genader met die konsep om ‘n trots Suid-Afrikaanse sakeprogram saam te stel wat die prestasie van sakeleiers uitlig en wat sakeleiers die geleentheid gee om hul eie suksesverhaal met die kykers te deel. kykNET het die konsep en die program uit die staanspoor heelhartig ondersteun.

Theo is ‘n stigter en uitvoerende hoof van Galileo Capital, ‘n finansiële dienste-maatskappy wat spesialiseer in finansiële beplanning en welvaartbestuur (www.galileocapital.co.za). Warren Ingram, wat aan die hoof staan van Galileo Capital se welvaartbestuurs-afdeling, was Suid Afrika se 2011 finansiële beplanner van die jaar. Vir enige voorstelle of vrae, kontak Theo gerus by: Theo@galileocapital.co.za.

SmartRand is ‘n internet-gebaseerde beleggings-adviesdiens aangebied deur Theo Vorster en Warren Ingram.